Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In haar ouetehuiskamer maak die 81-jarige Magdaleen seker Miss Muffet, soos sy haar Bernina noem, is skoon genoeg en al die ekstra gare, naalde en voetjies is netjies gepak vir die vrou wat die masjien kom haal. En met deernis, humor en wysheid dink sy terug aan vervloe dae: dae van kouse met nate, melk wat in glasbottels afgelewer word, 'n kinderlewe op die plaas. Vervleg hiermee herroep sy die wel en wee van haar gesin: haar man, Tielman, en haar vier kinders, insluitend Wim, haar oogappel. En weer eens word ons herinner elke mens se lewe, ongeag hoe eenvoudig of ordiner, is n epiese gedig met universele temas van geluk, verlies en versoening.
Paperback. Afrikaans. LAPA. 2011. Used.