Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Elkeen van ons word een of ander tyd met n regskwessie gekonfronteer. Of daar nou n bouer is wat jy wil dagvaar vir sy knoeiwerk aan jou huis, en of dit jou dogter is wat kom vertel dat jou skoonseun skielik van haar wil skei, die reg is iets waarvan jy kennis gaan moet neem.
Ook alledaagse situasies vereis dikwels regskennis. Jy het n kontrak nodig om n huiswerker aan te stel en jy het n testament nodig as jy familietwis na jou dood wil vermy.
Alles wat jy nog altyd wou weet van die reg, maar te bang was om te vra. Die Suid-Afrikaanse reg: Wat elkeen moet weet is n verstaanbare en gesaghebbende oorsig van die regslandskap in Suid-Afrika.
Spaar jouself geld en slapelose nagte deur dibetroubare bron te raadpleeg voor jy in die prokureur se kantoor of in die hof beland.
Paperback. Afrikaans. Tafelberg. 2013. Good Condition.