o.a. Debora'[2] is 'n bundel met talryke literere verwysings en gedigte waarin die digproses vooropgestel word en ruim gebruik gemaak word van Bybelse onderwerpmateriaal.[3] Die titel verwys na die enigste vroulike Rigter, naamlik Debora, wat slegs een is van 'n aantal Bybelse en mitologiese vrouefigure wat in die bundel meespreek.[4] Die bundel bestaan uit sewe afdelings. In die eerste afdeling ('van voor-af-gespeel') is drie mitologiese vrouefigure die onderwerp van die temas van eerstens 'n onvrugbare verhouding, dan 'n gefrustreerde verhouding en laastens 'n onbeantwoorde liefde. Die tweede afdeling ('zi kwamen bi een gaigenveld; daer sen hing menig vrouwenbeeld') het as tema 'n aantal vroue uit die Ou Testament en die derde afdeling ('¬タᆭo name, o versugting!') bestaan uit 'n enkele gedig waarin die digter se naam ontleed word. Die vierde afdeling het die titel 'dames en here' en die tema is raaisels in hierdie geslagsverhouding. Afdeling vyf ('vloervelletjies¬タᆭ als word vos') bevat versfragmente en -uitdrukkings, wat telkens verras met 'n vars siening, terwyl afdeling ses gaan oor 'dogters van Jefta'. 'Besoektyd' in hierdie afdeling tree in gesprek met verskeie gedigte van D.J. Opperman, veral na aanleiding van Opperman se ernstige siekte van 1976. Gedigte van Opperman wat betrek word, is onder andere 'Nagwaak by die ou man' en 'Ballade van die grysland' uit die bundel 'Negester oor Nineve', terwyl daar ook verwys word na Opperman se dosering van 'Oom Gert vertel' van Leipoldt en sy advies om nie klakkeloos by ander digters te steel nie. Die versugting van die groot geneesheer wat nie moet ontbreek nie is 'n bede vir sy herstel en ook 'n verwysing na Opperman se gedig 'Botteltjies' uit 'Edms. Bpk.' Die laaste afdeling behandel die geskiedenis van 'Debora'. Die geᅢᆵntegreerde bundelopset beᅢᆵndruk, al is daar baie individuele gedigte wat nie heeltemal op peil is nie.
Title: o.a.Debora
Author: Rika Cilliers
ISBN: 9780624010401
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever