Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar: Kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke het in 2008 verskyn, en dit is uitgegee deur SUN PReSS. Die boek bevat n reeks kritiese opstelle oor n aantal Afrikaanse kollektiewe herinneringe. Dit betrek herinneringe wat al amper koud is, asook meer onlangses (in ag genome dis in 2008 uitgegee), soos die De la Rey-lied en die rol wat bands speel in die vaslegging van n bepaalde bewussyn onder die jeug n bewussyn wat in die afsienbare toekoms ook as histories sal kwalifiseer. Volgens die agterblad is die boek gerig daarop om die leser aan te moedig om na te dink oor die herinneringe van wit Afrikaanssprekendes. Dit is sedertdien gratis beskikbaar gemaak.
Die volgende hoofstukke is deur die genoemde skrywers bygedra:
Koos Kombuis en die kollektiewe herinnering (Inleiding deur die redakteurs Siegfried Huigen en Albert Grundlingh)
Die Volksmoeder: Beeld van n vrou (Elsabé Brink)
Die lokasie (Gerrit Olivier)
Die Kleurlingkenner se Kleurling (Hein Willemse)
Bantoe van Abantu na Ubuntu (Kees van der Waal)
Thandi, Katrina, Meisie, Maria, Ou-Johanna, Christina, Ou-Lina, Jane en Cecilia Magdalena (Ena Jansen)
Rugby (Albert Grundlingh)
Die etende Afrikaner (Marlene van Niekerk)
Die windpomp (Lizette Grobler)
Die geweldige gewel van die Kaap (Hans Franzen)
Herinneringe van heldinne: Bitter bekers en suurdeeg (Lou-Marié Kruger)
Die Voortrekker soek koers (Lize van Robbroeck)
Engels (Christine Anthonissen)
Taalmonumente (Siegfried Huigen)
Om die vonnis van kortstondigheid te besweer: Die WAT as herinneringsplek (Rufus Gouws)
N.P. van Wyk Louw (Luc Renders)
Waarom n spook as n leier? Die De la Rey-fenomeen en die herskep van herinneringe, 20062007 (Albert Grundlingh)
Boeremusiek (Stephanus Muller)
Die Stem (Stephanus Muller)
In wrede woede het ek die hand wat beheer, gebyt: Die opkoms van Afrikaanse (punk) rockmusiek (Annie Klopper)