Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Speurverhaal wat jou in naelkouspanning hou tot by die verrassende ontknoping.
Wie het hul jong tante in die skilderagtige Salzmund verkrag en vermoor? Vir die twee susters van Pretoria, Andrea en Helen-Anne, wat vir die begrafnis Zalzmund toe gaan, is dit 'n groot skok. Kaptein Neill Potgieter van Windhoek wat die saak ondersoek, kan nie 'n tweede misdaad voorkom nie. Wanneer iemand wel gevang en toegesluit word, weet Andrea dat dié drankdeurweekte vent nie die skuldige kán wees nie.
Eerste uitgawe in 1989 gepubliseer deur Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad. Toestand: Goed. Blaaie effens vergeel. Geskenkinskrywing voor in boek.