Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees - Heelwat fotos - 344 pg. >>> President Nelson Mandela se keuse van die jong Afrikaner-tikster Zelda la Grange as sy mees vertroude assistant het sy verbintenis tot versoening in Suid-Afrika verspersoonlik. Sy het sy vertroue met lojaliteit en integriteit beloon. Ek het die hoogste agting vir haar -(Emeritus-Aartsbiskop Desmond Tutu.) - Zelda la Grange het grootgeword as n ondersteuner van die reels wat wit en swart skei. En tog sou sy een van Nelson Mandela se naaste vertrouelinge word, en liefde en respek ontwikkel vir hierdie man wat aan haar as n vyand voorgehou is. Goeiemore, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe n jong vrou se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd. Dit volg die ongelooflike lewenspad van n tikster in haar vroee twintigs wat gekies word as die president se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy sy aan hom. Sy word reisgenoot en versorger van die man wat sy Khulu noem (Oupa). - Zelda bring hier hulde aan Nelson Mandela soos sy hom geken het: Leermeester van wie sy haar belangrikste lewenslesse ontvang het. n Man wat nie die verlede oor sy hede sou laat heers nie, n Man vol respek en vergifnis teenoor almal, maar wat ook openhartig, reguit en n terggees kon wees. Terwyl hy sy land vernuwe het, het hy Zelda ook uit n geslote wereld van vrees en wantroue bevry en betekenis aan haar lewe verleen. - Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit dal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander. (Apartheid Museum) * Geskiedenis * History * Politics * Politiek * Africana * Afrikaans Non-fiction *