Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees - As Suid-Afrikaner wat in Engeland woon, het André Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly. Maar met sy uitstekende skryfwerk bring hy in hierdie boek talle van die eksotiese plekke naby sy lesers - Foto illustrasies. >>> Vir die leunstoelreisiger, maar ook vir diegene wat dalk reise na die Verre Ooste, die MiddeOoste en Europa beplan en wil lees hoe 'n ander SuidAfrikaner hierdie plekke ervaar het. As SuidAfrikaner wat in Engeland woon, het Andre Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly. Maar met sy uitstekende skryfwerk bring hy in hierdie boek talle van die eksotiese plekke naby sy lesers. Hy laat ons deel in die soektog na 'n kelim in die mark van Marrakesj, in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanboel, in die verhewe skoonheid van die St. Pieterskerk in Rome en in 'n bootrit op die magtige Irrawaddyrivier in Birma gedurende die reenseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt. Daar is ook vermaaklike oomblikke, soos wanneer hy aan 'n wynproecummarathon in die Medocvallei deelneem (met voorspelbare gevolge) en wanneer hy met net 'n klein lappie as bedekking dit na 'n openbare bad in Boedapest waag.