Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Goed, klein vertikale skeurtjie aan bokant van stofomslag
Formaat: Koffietafel hardeband met stofomslag (360mmx270mmx12mm)
Bladsye: 78
Uitgegee: 1988 (Universiteit Potchefstroom)
ISBN: 0869909509
**Pragtige boek met geskiedenis en kunswerke in Afrikaans en Engels aangebied / Beautiful book with history and art presented in Afrikaans and English**
Dit is met dankbaarheid en vreugde dat die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys aan die Potchefstroomse anderhalf-eeufees deelneem. Ook by wyse van hierdie publikasie waar n opdrag gegee is aan n kunstenaar om n reeks van 53 oorspronklike skilderye in gemengde media van plaaslike bouwerk te skilder en vir die publikasie daarvan, gereed te maak. Elke skildery is ook van n toepaslike beskrywing voorsien. Die Universiteit bied die publikasie aan as n amptelike bydrae tot dorp se fees.
Die bekende kunstenaar, Philip Bawcombe het op sy kenmerkende manier uitmuntend daarin geslaag om van die belangrikste historiese bouwerk in Potchefstroom in lyn, kleur en tekstuur te ver-beeld. Of die boukunswerke deur eertydse bekende en belangrike meesters soos Gerard Moerdijk (Heimat, PU vir CHO) en Wynand I ouw (N.G. Kerk, Mooirivier en die Hoofgebou, PU vir CHO) ontwerp is, en of dit bouwerke is waarvan die ontwerpers of beplanners steeds in vergetelheid gehul is, het die skerp oog, vindingryke ver-beelding en bekwame vakmanskap van die kunstenaar goed daarin geslaag om die vensters op die verlede vir ons as waardeerders oop te maak.
n Ander belangrike deel van hierdie oopmaakproses is deur die boukunshistorikus, Arie Kuijers, beredder. Historiese feite aangaande die bouwerke is kundig nagespeur en in boeiende kontekstuele beskrywings aangebied.
Aan die redakteur van hierdie bundel, dr. J.L. van Aardt du Preez en sy medewerkers asook aan die kunstenaar en kunshistorikus kom toegeneë dank en lof toe. Kom, laat ons nie vergeet om mekaar as Potchefstromers of oud-Potchefstromers met hierdie dankbare feesgeleentheid geluk te wens nie: Mag die spreekwoordelike drink van die Mooirivier se water steeds in aangename herinnering bly en mag hierdie gedenkbundel n daadwerklike bydrae daartoe lewer.
-Prof Tjaart van der Walt