Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer 'n geheimsinnige moord
Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.
Di keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van opwinding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie
Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan di se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so 'n verskriklike ding op so 'n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder 'n reeks boewery deur.