Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Naby-dood-ervarings, of NDE's, is iets waaroor groot meningsverskille bestaan. Duisende mense het dit al ervaar, maar die meeste wetenskaplikes voer aan dat dit onmoontlik is. Dit was ook die mening van dr Eben Alexander. As hoogs opgeleide neurochirurg, wat gedurende sy loopbaan breinoperasies op talle pasiente uitgevoer het, het Alexander geweet dat dit wat gelowiges die "siel" noem, maar net 'n produk is van chemiese prosesse in die brein. Sy verklaring vir NDE's sou sonder twyfel wees dat dit vir die betrokke persoon voel asof dit werklik gebeur het, maar dat dit eintlik maar net verbeeldingsvlugte is van die brein wat onder geweldige druk verkeer. Toe, uit die bloute, word dr Alexander self die slagoffer van 'n uiters seldsame breinsiekte. Die deel van sy brein waar denke en emosie gesetel is, wat ons menslike bewussyn bepaal, het heeltemal tot stilstand gekom. Sewe dae lank het Alexander in die hospitaal in 'n diep koma gele. En net toe die dokters dit begin oorweeg om sy behandeling te staak, gaan sy oe oop. Hy was terug. Alexander se herstel is mediese gesproke 'n wonderwerk. Maar dit is nie die grootste wonderwerk van sy verhaal nie. Terwyl sy liggaam in 'n koma was, het Alexander op 'n reis tot ver buite die grense van hierdie wereld gegaan en 'n hemelse wese teegekom wat hom tot by die einders van buite-liggaamlike bestaan gelei het. Daar het hy met die goddelike oorsprong van die heelal kennis gemaak en gekommunikeer. Hierdie verhaal klink na die vergesogte en wonderbaarlike verbeeldingsvlugte van 'n skrywer van fantasieverhale. Maar dit is geen fantasie nie. Voordat Alexander sy reis ondergaan het, kon hy nie sy kennis van neurologie met geloof in die hemel, God of die siel versoen nie. Daardie afwesigheid van geloof het 'n leemte gelaat wat nie deur professionele prestasie gevul kon word nie. Vandag is hy egter 'n dokter wat glo dat ware gesondheid slegs moontlik is as ons besef dat God en die siel werklik bestaan en dat die dood nie einde van persoonlike identiteit is nie, maar net 'n oorgang. Hierdie verhaal sou merkwaardig wees ongeag met die wie dit gebeur het. Dat dit met dr Alexander gebeur het, maak dit uitsonderlik. Geen wetenskaplike of gelowige kan dit ignoreer nie. Die lees van hierdie verhaal sal jou lewe verander.
Paperback. Afrikaans. Penguin. 2012. Good Condition.