Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dit is Pieter-Dirk Uys sonder die grimering! Sonder rekwisiete, vals wimpers of hohakke
Met meer as 7000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. InWeerklink van n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn. Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, Pietertjie se Kaapse Vlakte-ma.
Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy anderOmaen haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van n merkwaardige lewe.
Paperback. Afrikaans. Tafelberg. 2018. Good Condition