Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Eerste uitgawe - Boek en omslag lyk omtrent splinternuut - MAAR - Daar is 'n plak dingetjie voor om te se dat iemand hom as prys gekry het vir daai 90% vir Afrikaans. >>> Die simboliek van Kringe van die draaigras is gebaseer op die groeityd na die reën, wanneer die strengel van die draaigras die saad in die grond inboor sodat dit kan groei. Die verhaal is van Ben, n moederlose pastoriekind wat materieel goed versorg word, maar emosioneel verwaarloos word, en die liefdes in sy lewe. Linda is sy jeugvriendin en Camilla is mooi, maar onbereikbaar, met n berekende vyandigheid teenoor mans. Elke karakter se lewe beweeg deur kringe op soek na volkome menswording en beïnvloed sodoende mekaar, met verreikende gevolge. Hierdie boek is in 1986 op die kortlys vir die toekenning van die Perskor-prys. (Wiki)