Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Herman maak al van jongs af musiek. Hoewel hy sy tande gesny het op die klarinet, het hy op universiteit n liefdesverhouding met die kitaar aangeknoop wat met die tyd net sterker geword het. As n Tukkie ingenieursstudent was hy lid van die universiteitskoor, die groep Fortukssimo en die kabaretgroep Tuksedo. Hy was ook algehele wenner van die universiteit se Ligteliedjiefees. Na voltooiing van sy universiteitsopleiding raak hy betrokke by verskeie musiekproduksies as kitaarspeler en musiekskrywer. Hy eindig vir twee agtereenvolgende jare as n Crescendo finalis. Sy groot droom bly egter om n CD van sy eie te maak. In 1999 laat hy die Afrikaanse musiekgemeenskap regop sit met sy bydrae tot Geraas se Vuurdoop kompetisie. Hoewel hy uiteindelik tweede eindig, kry hy wel die geleentheid om sy eie CD te maak.