Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hardeband.
Eerste uitgawe, 1985.
Tafelberg.
132 bladsye.
In Pille vir servette is Spies op sy stukke. Hier maak hy 'n klomp karakters sit en staan wat die leser nie lig sal vergeet nie. Koddig, beminlik, vindingryk. Ou Orrelkosie kan - as jy 'n halwe dag het om te luister - vir jou presies beduie hoe 'n mens 'n pil oor 'n siek hoender se tong kry. 'n Kalhari-boer maak weer vir jou duidelik hoe mens in die sandwêreld met 'n lastige smous se gal werk, en 'n oompie verdedig in die hof sy ontoelaatbare plan om twee kar-donkies onder 'n lae spoorwegbruggie deur te loods. Dan is daar nog die ontsaglike kêrel met die groot pens wat hom dood hou op die slagveld om die Engelse te flous. Liegstories, lagstories, pittige koffiestories, kierang- en kameelstories. Stories soos net Jan Spies hulle kan vertel.
Goeie algehele toestand.
Additional photos on request. Please ask any questions before placing your order.
Africana / Afrikaans / Radio / Stories
Grading Scale: