Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek en omslag in 'n puik toestand. >>> By n gebedsbyeenkoms op n koue aand in Rotterdam word die jong klerk Aart Antonij van der Lingen n bleek, sieklike man betower deur die charismatiese prediker Johannes Kicherer. Aangespoor deur Kicherer se passie voel hy hom geroepe om die evangelie te verkonding. - Hy verlaat sy grou, liefdelose bestaan en seil in 1800 na die Kaap van Goeie Hoop as n missionaris. Elsa Joubert blaas lewe in Aart se handel en wandel uit die beperkte informasie wat in sy dagboeke, korrespondensie en ander dokumentasie gevind kon word. >>> Missionaris is gebaseer op die lewe van die sendeling Aart Antonij van der Lingen (vader van die bekende ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl) wat vanaf die begin van die negentiende eeu in die Kaap sendingwerk doen en die verhaal speel af in die tydperk 1800-1818. Die protagonis is liggaamlik en geestelik ietwat van 'n swakkeling. Met 'n misvormde boggel het hy ook groter ontvanklikheid vir allerhande kwale en is gevolglik 'n gevoelige en sku persoon. Geestelik het hy geen gespesialiseerde opleiding ontvang nie en kwalifiseer slegs as leke-prediker. Te midde van al hierdie persoonlike uitdagings bevind hy hom boonop in 'n tyd van rusie tussen die kerk en sending en die blanke nedersetting se vyandelikheid teenoor die sendelinge, veral sy seniors Read en Van der Kemp. Die W.A. Hofmeyr-prys word in 1989 aan Missionaris toegeken en hierdie boek is dieselfde jaar op die kortlys vir die toekenning van die C.N.A.-prys en die Hertzogprys. Sy vertaal self hierdie boek in Engels as The hunchback missionary. * Africana *