Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
2017 eerste uitgawe sagteband met 168 bladsye nuut.
Twaalf ongelooflike vroue wat n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeels. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is die van moed, optimisme en inspirasie. Dit is n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof n verskil kan maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van n vorige regering se desentralisasiebeleid maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand die twaalf vroue se stories soos fakkelligte in n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson. Die verhale strek van gemeenskapdiens aan gestremde persone, bejaardes en kankerlyers, rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en -destigmatisering tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdiens, uitsaaiwese, asook n sangeres, n atleet en n tuinier. Die opbrengs van die boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.