Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In hierdie versameling essays ondersoek meesterverteller Jan Nel die onvernietigbaarheid van die lewe: Immer is daar seisoene. Immer is daar na die eb weer 'n gety; na die winterdood weer lentelewe; na die val weer opstaan; na die leed weer vreugde. Dieselfde maand wat liggame opeis, stoot vars blomme uit die verwarmende grond. Uit die dooie takke van 'n boom, uit die dooie winter, kom nuwe lewe. Hoekom dan twyfel dat daar vir die mens insgelyks hoop kan wees? Op sy tipiese wyse en beeldende vertelstyl, deurweef met beide diepte en kwinkslae, ontbloot hy daardie tikkies van die ewigheid in elke liewe ding, van 'n melodie se soetheid tot goeters in 'n deurmekaar laai.
Paperback. Afrikaans. Protea. 2011. Good Condition.