Die laaste Sondag is n roman wat klaarblyklik in n kontemporere Suid-Afrika vasgevang in geweld en terrorisme afspeel, met die kerk se rol as middelpunt. Op die klein dorpie Oudepos naby n grenspos en langs n swart gebied word blanke mense vermoor. Tydens n besoek aan die grens voer die plaaslike predikant, dominee Wessel Falk, n gesprek met n jong man, wat n halfuur later in n landmynontploffing sterf. Die dominee beskou die jong man se laaste woorde as n goddelike visie en openbaring en mettertyd ook as goddelike opdrag. Hy verkondig dan aan sy gemeente dat dertig lyke van onskuldige slagoffers van terreur Christus kan terugkoop van die kruis, net soos dertig silwerlinge Hom op die kruis gekry het. Dan kan die vergeldingsleer van n oog vir n oog weer die genade en vergiffenis van die kruisdood vervang. So word goed teen kwaad en skuld teen onskuld afgespeel en die roman loop op tot die klimaks waar die predikant op die laaste Sondag die dertigste lyk sal ontvang en sy beslissing oor sy vergeldingsleer sal afkondig. Daar is egter reeds in die verhaal aangetoon dat geeneen van die slagoffers werklik onskuldig was nie. Dit is veral die kerk se rol in Suid-Afrika wat in die roman onder die loep kom, veral waar dit die Ou Testamentiese waardes van n oog vir n oog stel teen die versoeningsdood van Christus, en vergelding teenoor die liefdesgebod. Die Laaste Sondag - Elsa Joubert. . ISBN 624022412
Title: Die Laaste Sondag
Author: Elsa Joubert
ISBN: 624022412
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever