Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Kyk gerus na my ander boeke
Die ABC van gesondheid
'n Deeglike, praktiese gesondheidshandleiding sonder truuks of toertjies, veral handig vir dié wat ver van dokters af woon. Geen wonderpille is nodig om jou liggaam blakend gesond te hou nie ... net die regte voedselsoorte met die nodige vitamiene en minerale, nie te veel kalorieë nie, genoeg oefening, en hou maar die drank en sigarette weg. Altesame 53 hoofstukke oor onder meer tuisverpleging, alledaagse noodgevalle in die huis, byt- en steekwonde, beenbreuke, inwendige bloeding, swangerskap, hartkwale, longkwale, ingewandswurms en parasiete, hoe om jou oë en ore te versorg, senukwale en die versorging van bejaardes. Kleur- en swart-wit-illustrasies.
In 1972 deur Sentinel-Uitgewery in Kaapstad gepubliseer. In Afrikaans vertaal deur C van Wyk en PA Venter. Toestand: Goed. Band voor en agter lyk nog nuut. Geen stofomslag.
Vir nog boeke, kyk by https://www.bidorbuy.co.za/seller/4352582/KarWal9869