Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Uitgewers: De Bussy 1931 - Swart boek slegs in 'n gemiddelde toestand maar lyk mooi van buite af - (Selfs nog ouer as die ou tante) - Olie (possible car grease) vinger merke op pg 41 en 43 - Vreemd gebind met 'staples' in plaas van garing. >>> Frans is 'n dromerige plaasseun wat opgroei in die eensame Transvaalse vaalse gramadoelas. In die boerdery stel hy glad geen belang nie en al sy vrye tyd bring hy deur by 'n bergstroompie, waar hy kleipoppe maak en ongestoord kan mymer oor die vae ideale van sy droomwêreld. Frans het die kunstenaarstemperament, maar in die afgesonderde uithoek soek hy tevergeefs na 'n geesverwant wat hom kan help om vorm te gee aan die onbestemde gevoelens wat sy hart laat oorborrel. Met die koms van die jong Engelse boer, Billy Acton, begin hy sy denke rigting kry. Billy kan so 'n bietjie oor kuns gesels en besit selfs reproduksies van beroemde skilderstukke. Later neem hy Frans saam na Johannesburg, en in die kunsgalery gaan daar skielilik vir Frans 'n lig aan .......