Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
*** THIS BOOK IS MISSING, PLEASE DO NOT ORDER YET *** Boek lyk vir my nog nuut en ongelees. >>> Wat is dit dan met my dat ek alewig op soek is na 'n huis? So vra Riana Scheepers ook in een van die sketse van hierdie bundel. Oral waar sy reis - en dis beslis vele reise wat hierdie skrywer met passie onderneem, is sy ook alewig op soek na 'n huis wat sy kan koop, al is dit net met die oe. En dan stel sy voor hoe so 'n huis bewoon kan word, of dit nou 'n herehuis in Ierland is of 'n Karoohuisie in Loxton, 'n trappiesgewelhuis of 'n skuur naby Malmesbury. Of les bes, die liefste huis van almal - haar eenvoudige vissershuisie aan die Weskus, soos die mooi voorblad aandui. Vir Scheepers is huise die hulsels waarin en waaruit gelewe word, waar mense mekaar ontmoet, waar kosbaarhede versamel word, waar gul maaltye berei word, maar ook vanwaar paaie na ver plekke aangedurf kan word, vanwaar jy beweeg om ander te ontmoet.