Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos n wafferse prinses van n verre land deur Frankryk gereis en n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.
En wat gebeur toe?
Saam met haar prins sit sy huis op in n Franse dorpie. Hulle gaan woon in n ou kliphuis in Rue de léglise Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.
En wat gebeur nou?
Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.
n Fontein Voor Ons Deur is n reeks stories oor n verhuising n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.
Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe n fontein bruisend met verrassings.
ISBN: 9780624064305
Pages: 216
Paperback
Tafelberg, 2013
First edition
Good condition
B65.2