Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
deur Jaco Thom
Ken jy vir Lea? Lea wat nie mooi was nie. Lea wat eers nie ’n man kon kry nie, en toe sy wel trou, was dit die begin van ’n lewe van wedywering met haar suster en ’n gebedel vir haar man se aandag. Stel jouself die volgende voor: Jou pa laat jou met jou jonger suster se verloofde trou sodat hy nog ’n bietjie wins uit die kêrel kan maak. | |
Meer inligting: Jou pa laat dan ook jou suster met dieselfde man trou, en so bevind jy jou in ’n bigamistiese huwelik. Jy is nie jou man se eerste keuse nie, trouens, jy is glad nie sy keuse nie, al gee jy vir hom ses seuns.Dit is die posisie waarin Lea haar bevind het. Jaco Thom neem die bybelse gegewe en weef daarvan ’n tapisserie van ’n vrou se lewe. Lea moet saam met haar gesin die trekpad aandurf en ’n nuwe bestaan in ’n vreemde land gaan uitkerf. Sy sien hoe haar kinders hulle eie pad begin loop en beleef die hartverskeurende ramp wat haar dogter tref. Tog, te midde van alles, het Lea geleer wat vroue vandag nog kan leer: wat dit beteken om by jou man te staan – en hom te behou. Sy het die waarheid wat ook vir moderne vroue geld, ontdek: wat dit beteken om God se eerste keuse te wees. |