Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skep jou eie fotoplakboek dek alles wat jy moet weet oor hoe om met jou eie fotoplakboek te begin, die verskillende soorte toerusting, papier, bladuitleg, die sny en plak van foto's, versierings en skryfwerk. Wanneer jy die basiese beginsels onder die knie het, kan jy die gevorderde tegnieke aanpak. Volkleurfoto's word gebruik om 17 tegnieke stap vir stap te demonstreer. Die tegnieke sluit in: mosaÏek-, bosseleer-, fotovleg- en servetwerk, 3D-vensters, bargello, pop-ops en perkamentkuns.
Hierdie boek is propvol idees om jou te inspireer en sal jou aanspoor om al jou foto's uit jou kaste te gaan snuffel en jou eie fotoplakboek te begin!!
SO GOED SOOS SPLINTERNUUT!!! LYK ONAANGERAAK!!!