This item has closed 3 buyers bought 3 items
View other items offered by Readers Warehouse4560

Similar products

Projekte vir jou Omkapmasjien - Alma Schwabe
R90.00
Piouter-indrukke: Eietydse Ontwerp en Gewilde Projekte [Afrikans] | Sandy Griffiths
R57.00
CRAFT BOOK - PROJEKTE VIR JOU OMKAPMASJIEN DEUR ALMA SCHWABE
R55.00
Stempel oor 'n Naweek - Juliet Bawden | Kreatiewe Handwerkboek | Maklike Projekte
R50.00
105 Handwerk Projekte | 3 Boeke 105 Handwerk Projekte | 3 Boeke 105 Handwerk Projekte | 3 Boeke 105 Handwerk Projekte | 3 Boeke
105 Handwerk Projekte | 3 Boeke 105 Handwerk Projekte | 3 Boeke 105 Handwerk Projekte | 3 Boeke 105 Handwerk Projekte | 3 Boeke
Sold

105 Handwerk Projekte | 3 Boeke

20 were available / new
Indicative market price: R740.00
R199.00
73% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa.
View locations
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 2 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
New
Location
South Africa
Bob Shop ID
377990223

 

105 Handwerk Projekte | 3 Boeke

 

 

 

Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis

Antieksjiek en Modern 

Met Hekel vir My Huis nooi Emma Lamb jou uit om speelse kleurkombinasies, patrone en teksture kreatief in te span om iets pragtigs te skep en so ’n huis met warmte en sjarme te vul. Haar speelse kombinasies met kleur, patroon en tekstuur weerspieel ’n vermenigng van retro-styl en Skandinawiese eenvoud.

Die 20 splinternuwe artikels sal met gemak in die tuisteskepper se alledaagse lewe inpas. Kies uit versamelings vatlappies en kussingontwerpe, maak ’n lieflike krans om ’n kamer op te helder of ’n snoesige deken om jou te vertroos

. Elke ontwerp sluit duidelike patroonaanwysings en kleurkaarte in, sowel as Emma se eie wenke om die perfekte huisartikels te skep. Basiese tegnieke word deur stap-vir-stap-instruksies en kleurfoto’s uitgebeeld.

 

50 Lapblokprojekte

Die gebruik van vetkwarte is nie net vir kwilters nie, maar is baie meer veelsydig. Naaldwerkers gebruik ook graag die klein stukkies materiaal wat in pragtige bondeltjies in materiaalwinkels, asook by handwerk- en kunsmarkte teen ’n billike prys verkoop word.

Elf talentvolle ontwerpers van regoor die wereld verduidelik stap-vir-stap in 50 Lapblokprojekte hul gunstelingpatrone en -projekte. Hierdie unieke versameling vinnige en maklike naaldwerkprojekte sluit kontemporere idees vir doen-dit-self dekor, bykomstighede, en geskenke in – alles gemaak met behulp van vetkwarte.

Dit wissel van eenvoudige projekte met een vetkwart na projekte met ’n paar vetkwarte vir ’n vinnige lappieskombers, en bevat meer komplekse projekte wat tot tien vetkwarte gebruik. Die versameling projekte bied die ideale oplossing vir naaldwerkers met ’n bondel vetkwarte wat wag om in iets moois omskep te word.

 

35 Kruisiesteekpatrone

Handwerk is deesdae baie gewild en om jou eie stempel op jou dekor af te druk, gee jou 'n huis met sy eie persoonlikheid! Kruisiesteekwerk is glad nie moeilik nie en enigeen kan dit bemeester deur net 'n paar basiese beginsels te volg.

Hierdie boek gee 'n duidelike uiteensetting van die basiese beginsels sowel as alles wat jy mag nodig kry om dit maklik en genotvol te maak. Die boek behandel alles van die versiering van knope, kussings, badsakkies, drasakkies en harte tot die meer tradisionele merklappe wat geraam kan word.

Daar is klein projekte vir die beginner asook groter projekte vir die wat hou van 'n uitdaging en meer tyd op hande het.

 

Click Below For More Book Deals

Recently viewed

Killer Deals Silicone Strap for Garmin Fenix Chronos -Light Pink+Frost Blue
R119.00
Gravey boat and plate Constantia
R285.00
NA310 - VARTA - V11A 6V Alkaline Battery Consumption. .1 Pack
R54.60