Pragtige folio formaat Statebybel in 1690 gedruk deur Hendrik en Jacob Keur te Dordrecht (Nederland). Gedruk in 1690, is hierdie Statebybel vanjaar ń volle 335 jaar oud!!
Hierdie Statebybel verkeer werklik in ñ bogemiddelde goeie toestand vir sy ouderdom. Die Bybel is 100% volledig, die teksblok verkeer in baie goeie toestand en sit mooi stewig in sy buiteblad. Die bindwerk is baie goed en die Statebybel kan met vrymoedigheid hanteer word, uit die aard van die saak op ñ simpatieke manier soos wat dit hoort by ñ kosbare Boek wat 335 jaar oud is.
Hierdie Statebybel spog ook nog met sy volledige en oorspronklike geelkoper hoek-beslag (agt hoekies) tesame met sy geelkoper middel-ornamente, geelkoper skarnier-stroke en twee pragtige geelkoper knippe, soos wat hy 335 jaar gelede gekom het uit die drukkery van die Keur familie te Dordrecht.
Met sy volledige geelkoper hoek-beslag, middel-ornamente, skarnier-stroke en twee pragtige knippe, is hierdie Statebybel ń ware sierraad vir die oog.
Soos alle folio formaat Statebybels uit die 1600's en 1700's, bevat hierdie Bybel ook die Ou Testament, die Nuwe Testament en die Apokriewe Boeke.
Die afmetings van hierdie folio formaat Statebybel is 40cm x 27cm x 12cm.
Ek sal die Statebybel op my koste aanstuur met Courier Guy of PostNet.