Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sleigh vertel op pakkende wyse hoe die Britte ast ware die Kaap bekruip, die goedgelowigheid en gelatenheid van die Kapenaars uitbuit en met die slinkse kolonel Robert Gordon en lamsakkige goewerneur Abraham Sluysken konkel met die gevolg dat die Kaap vir die eerste maal in Engelse hande beland. Deurgaans bly mens vol hoop dat die aanval afgeweer kan word, want ons het gebiedsvoordeel en die burgers is begeesterd. Maar daar is iets onheilspellends, amper fiktief, aan die manier waarop elke goeie plan in die wiele gery word tot daardie ondenkbare, skandalige oorgawe by die kasteel op 16 September 1795. Dit het my telkens met n gevoel van verlamming gelaat.
2016 sagteband met 509 bladsye in goeie toestand. R65 paxi of R100 koerier / postnet in SA.