R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die eerste proeflopie uitgegee in 1929 voordat die eerste Afrikaanse Bybel volledig in 1933 verskyn. Hierbinne Mattheus, Markus, Lukas, Johannes en Psalms. 'n Besondere en baie skaars uitgawe waarvan die meeste lesers nie eens weet nie. Naam in ink voorin.
Die inisiatief van die Afrikaanse Kerke (1914-1923)
In 1914 het dr. B.B. Keet op Stellenbosch ʼn referaat gelewer oor Die Bybel in Afrikaans, waarin hy die samewerking van die Hollandse Kerke in Suid-Afrika vir die saak bepleit het. In 1916 het die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaat op ʼn voorstel van ds. (later dr.) N.J. van der Merwe besluit om ʼn kommissie te benoem om, in samewerking met die Gereformeerde Kerk en die Nederduitsche Hervormde Kerk, die bekwaamste manne aan te wys en met die vertaling te begin.
Die saak is kragtig bepleit deur dr. J.D. du Toit, maar hy en dr. Keet was van mening dat die eerste vertaling in Afrikaans eerder net ʼn verafrikaansing van die Statebybel as ʼn nuwe vertaling uit die grondtale moes wees.
Die gevolg van die saak was dat ʼn aantal mense van die verskillende kerke hulle vanaf 1916 met die vertaling besig gehou het, en in 1922 het die proefuitgawe van Die Vier Evangelië en Die Psalme verskyn. Die nuwe vertaling is aanvanklik geesdriftig ontvang, maar dit het geblyk dat die taal te sterk Nederlands-gebonde was en gevolglik nie egte Afrikaans nie.
Die volwaardige onderneming deur die Afrikaanse Kerke (1923 -1933) Met die verskyning van die proefuitgawe het dit geblyk dat die Afrikaanse volk uitgesien het na ʼn Bybel in hul moedertaal, maar dat die vertaling eerder uit die grondtale gedoen moes word en dat dit oorgesit moes word in die ware taal van die Afrikaanssprekende gemeenskap. Om hierdie doel te verwesenlik, moes heeltydse vertalers en Afrikaanse taaladviseurs benoem word. As eindvertalers is drr. J.D. du Toit en B.B. Keet aangewys, maar aangesien dr. Keet nie vrystelling van sy doseerpligte aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch kon kry nie, is dr. J.D. Kestell in sy plek benoem. Dr. Du Toit sou vir die Ou Testament en Dr. Kestell vir die Nuwe Testament verantwoordelik wees. Later het nog eindvertalers bygekom drr. H.C.M Fourie en E.E. van Rooyen en uiteindelik ook dr. B.B. Keet.
ʼn Aansienlike aantal medewerkers en adviseurs het belangrike bydraes gelewer. Die Afrikaanse taaladviseurs was proff. S.P.E. Boschoff, T.H. le Roux, D.F. Malherbe en J.J. Smith. In 1927 het dr. C. Van Gelderen, Semitikus aan die Vrije Universiteit, Amsterdam, vir ses maande na Suid-Afrika gekom as adviseur vir die vertaling van die Ou Testament uit die Hebreeuse grondteks. In 1929 is ʼn hersiene uitgawe van Die Vier Evangelië en Die Psalme gepubliseer. Dit het by die kerklike publiek byval gevind en as spoorslag gedien om die volledige vertaling so gou moontlik te voltooi. Hierdie doelwit is in 1933 bereik. Op 29 Mei 1933 het die eerste besending Afrikaanse Bybels met die Carnavon Castle uit Engeland in Kaapstad aangekom.
Op Sondag, 27 Augustus 1933, is die Afrikaanse Bybelvertaling oral in die land feestelik ontvang. Die sentrale feesviering was in Bloemfontein, waar onder andere drr. J.D. Kestell en J.D. du Toit deelgeneem het. Die fees is gekenmerk deur groot geesdrif, blydskap en dankbaarheid. Van toe af sou die Afrikanervolk die groot dade van God in hul eie taal hoor.