Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Slampamperliedjies is die naam wat Leipoldt self uitgedink het vir sekere van sy verse. Hulle is spontane en literêr-onkonvensionele digterlike "diwagasies" waarin hy as swerwende eensame van sy invalle, stemmings en vrae uitsing en klein magiese inkantasies teen die eensaamheid skryf. Baie van dié verse is vol uiterlike vreugde, maar met ’n onderliggende droefheid. Om te dig, was vir Leipoldt ’n daaglikse bemoeiing, ’n noodsaaklike tydverdryf:
Ek sing net vir myself: uit puur verstrooiing Maak ek slampamperliedjies net soos dié: ’n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit, En ek moet versies maak, of praat met – wie?
Veral twee dinge het Leipoldt geboei: die mens en die natuur. Vir die natuur het hy ’n onvoorwaardelike, inhibisielose liefde gehad. Soos ’n kind kon hy daaroor in vervoering raak:Geil lusern in die laagste landjie; Geil groen blare en blomme blou; Aalwyn rooi op die voorste randjie, Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en saffier daarbowe
Geringskattend het hy sy gedigte "rympies" genoem, moontlik omdat hy bewus was van die groot teenstelling wat hulle met die verhewe woordgebruik van die toenmalige digkuns gevorm het. Leipoldt was die eerste van die vroeë digters wat die gewone Afrikaanse praattaal, volksuitdrukkings en volksliedjies in sy digkuns gebruik het. Dié bundel is oorspronklik in 1936 gepubliseer en bevat slampamperliedjies uit Leipoldt se bundels
Klein blou boekie 2e druk 1937 Kaapstad, Nasionale pers, 126 p.; illus.; goedgebind en skoon. Potloodaantekeninge en onderstreping in boek. Blou hardeband boekie het wit ouderdomsmerkies en onderste hoekies van hardeband is bietjie ingedruk.
/