Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
4 Fritz Deelman Avontuur-aksie Boeke (deur Leon Rousseau)
Afrikaans (Fiction)
Fritz Deelman is 'n Afrikaanse James Bond-agtige karakter geskep deur Leon Rousseau in die 1950's. Die eerste Fritz Deelman-stories is as ’n reeks in Die Jongspan gepubliseer en daar het uiteindelik 8 boeke tussen 1956 en 1963 verskyn.
Fritz is 'n luitenant in die Suid-Afrikaanse afdeling van die Internasionale Veiligheidspolisie. Hy werk onder generaal Pierre Heyns en die liefde van sy lewe is Loeki de Klerk, wie se oom, dokter Toon de Klerk, die hoof an die Geallieerde Mediese Navorsingsentrum in Kaapstad is.
Die karakter van Fritz Deelman is volgens Leon Rousseau, die skrywer van die reeks, gebaseer op die Afrikaanse skrywer Gideon Joubert wat beskou is as Suid-Afrika se eerste "paddaman" (skubaduiker). Ondersese avonture en skubaduik het in drie van die titels 'n belangrike rol gespeel.
Boeke:
Fritz Deelman en die Skepe van Mars (1957)
Fritz Deelman en die Diepsee-duikbol (1958)
Fritz Deelman en die Gori Lama (1959)
Fritz Deelman en die Woestynrowers (1960)
meer inligting oor elke boek: http://www.springbokboeke.co.za/html/fritz_deelman.html