Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Glenys Lynne Mynott is 'n Suid-Afrikaanse sanger, later deel van Four Jacks and a Jill, wat bekend is vir treffers soos Ramaja, Haai Casinova en Een, twee, drie.
Lynne het op twaalf begin sing. Haar ma het haar aangespoor en sy het lesse by Al Preston geneem. Op vyftien wen sy 'n landwye talentkompetisie en kort daarna behaal sy 'n tweede plek op LM Radio se Talent Parade. Haar eerste album, Teenage Time, is op sestien vrygestel.
Nᅢᄀ skool sing sy sewe maande lank saam met die Harold Roy Band in Benoni, waarna sy saam met Johnny Kongos en die G-Men deur Suid-Afrika toer. In 1962 speel sy in Gordon Vorster se rolprent, Jys lieflik vanaand, waarin sy die liedjie n Bietjie te jonk sing. Haar eerste enkelspeler, Not Because I'm Bad, is in 1963 vrygestel.
In 1964 begin sy saam met The Zombies, Suid-Afrika se eerste rockgroep met lang hare, te sing. Die groep het hul naam later na Four Jacks and a Jill verander.
In die 1970's begin Lynne om Afrikaanse albums op te neem, wat haar gewildheid 'n hupstoot onder 'n wyer deel van die Suid-Afrikaanse bevolking gegee. Sy het ook 'n aantal geestelike albums vrygestel.
Haar grootste sukses was met Ramaja, wat in Julie 1976 sy toetrede tot Springbokradio se Top 20-treffersparade gemaak het, en vir drie weke op die nommer een-posisie was.