 
        | Main centres: | 1-3 business days | 
| Regional areas: | 3-4 business days | 
| Remote areas: | 3-5 business days | 
Tuisgemaakte sop en brood is een van die beste maniere om liggaam en siel te voed gedurende die koue wintermaande of dit n ontspanne middagete of n meer gesofistikeerde voorgereg is, sop bly die maklikste en mees veelsydige opsie. 50 Sop- en Broodgeregte bevat vyftig voedende sop- en broodresepte wat familiegunstelinge sal word. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers in soos: Hoendernoedelsop; Romerige blomkool-en-aartappelsop met spek; Oom-en-tantesop; Kruiebrood in n blikkie; Olyf-en-spekbroodwiele.