Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Baie goed
Formaat: A4 Sagteband
Uitgegee: 2019 (Oude Kerk Volksmuseum)
Bladsye: 216
ISBN: 9780620855006
Vyftig jaar gelede, om drie minute oor tien op 29 September 1969, is die Noord-Boland getref deur n aardbewing van 6.3 op die Richterskaal.
Die middelpunt van die aardbewing was net buite Tulbagh, tuiste van sommige van die oudste kerke, Kaaps-Hollandse huise en wynplase in Suid-Afrika. Tien van die elf mense (meestal kinders) wat in die skudding gesterf het, is in en om die dorpie dood.
In hierdie boek, wat met die vyftigjarig herdenking van die aardbewing saamval verwesenlik Rosette Jordaan, n boorling van Tulbagh, n lewensideaal om die geskiedenis op te teken voordat dit uit die menseheugenis verdwyn. Die resultaat is n skatkis van verhale en vertellinge aangrypend, amusant, onvergeetlik.
Ander bydraers lig nog aspekte van die aardbewing en sy nagevolge toe. n Oud-koerantman ook n boorling van Tulbagh vertel van sy middernagtelike rit na Tulbagh om die eerste fotos te gaan haal. n Geoloog ontleed die skudding en vertel hoekom mense in die streek op die onverwagte bedag moet bly.
Uittreksels uit die plaaslike koerantjie, Ons Courier, beskryf die omvattende noodlenigings- en rekonstruksie-program wat die streek weer op sy voete geplaas het.
Aandag word geskenk aan die restourasie van die historiese Kerkstraat, die grootste enkele restourasieprojek nog in Suid-Afrika, wat n nuwe toerismebedryf vir Tulbagh en sy distrik ingelui het.
n Geskiedkundige werp ook lig op n meer verborge aspek van die aardbewing en sy nagevolge, naamlik hoe die owerhede destyds die geleeritheid aangegryp het om groter rasseskeiding in die streek te bewerkstellig. In die proses het talle historiese en deels gemengde woonbuurte in die slag gebly en daarmee saam n plattelandse leefwyse wat uit die tyd van die vrystelling van die slawe gedateer het.
Laastens besin die teks kortliks oor die breƫr betekenis van die aardbewing en sy nagevolge vir Tulbagh en sy mense, ook die toekoms in. n Spesiale poging is aangewend om fotos oor Tulbagh se geskiedenis, die aardbewing en sy nagevolge op te spoor en die boek bevat n ryke oes aan fotos waarvan baie nog nooit gepubliseer is nie.