Daar is niks so lekker soos om in ‘n kombuis in te stap waar die reuk van varsgebakte koekies swaar in die lug hang nie. Koekies is altyd daar as beloning, gelukwensing of troosprys. Die moderne lewe is egter so gejaagd dat baie min van ons die kans kry om tuisgebakte koekies uit ons eie oonde te geniet. Maar met behulp van die heerlike (en maklike) resepte wat hier volg sal jy dalk vinniger die meel en bakplate nader trek as wat jy dink!
50 van die Beste Koekieresepte sal die kroos laat regstaan vir nog ‘n paar lemoenkoekies, Rollo-koekies of karamelvierkante. Maar koekies het intussen ook grootgeword en van die resepte soos geurige kaasbrosbrood, suurlemoen-en-swartpeperkoekies of sjokoladetruffels kan aan die einde van enige maaltyd geniet word.