Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Annemari Coetser
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
Kom nou, kom nou, maan Leandi se sterk linkerbreinlob verveeld. Kom by! Dis net koffie. Jy glo tog aan platoniese vriendskap tussen 'n man en 'n vrou, al het hy 'n trouring aan sy linkerringvinger. Dis dan wat jy altyd verkondig - dat dit moontlik en natuurlik is. Niemand stel voor dat jy die man bed toe moet sleep nie.
Dehlia skryf 'n brief: Liewe God, ek gee hiermee amptelik, formeel en op skrif aan U my lyflikheid. Die lieflikheid van my seksualiteit en alles wat dit insluit, soos rillings langs my ruggraat af, tone wat van lekkerkry omkrul, lippe wat sag en soenbaar word, die hele kaboedel, gee ek aan U oor. U ken hierdie dinge, U het dit tog immers self uitgedink. Vat dit asseblief nou alles terug.
Die aard van die liefde is niks om oor te lag nie. Of is dit? Sekspraatjies is taboe. Sê wie? Wanneer Leandi en 'n getroude man - met sy vrou se medewete - sy verligte idees oor die liefde wil beproef, het sy in haar vriendekring oorgenoeg raadgewers. Jonk, vrolik en vrydenkend, bevind sy haar tog soms in onmoontlike situasies.
Dehlia, 'n weduwee van byna sestig, het dieselfde drange. Maar elke ontmoeting met 'n nuwe man wat sy via die internet leer ken, bring ontnugtering en feller eensaamheid. Tog bly sy in die liefde glo, omdat sy innoverend en dapper is.
In hierdie eietydse verhaal loop dié twee vroue se lewens parallel tot dit eindelik op verrassende wyse ineensmelt. Gaan hulle proefnemings slaag?
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.