R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Aan die Sonkant - P.H. Nortje - 1976 - Tafelberg - Hardeband met stofomslag in baie mooi toestand, een naam.
Net soos “nuut onder die son”, is hierdie boek vol humoristiese gebeurtenisse en skreeusnaakse vertellinge uit die wedervaringe van ‘n lekker gesin: Pa, Ma, drie seunskinders en ‘n spaniël-tefie. Meestal is dit aldaagse gebeure, maar dan gebeur die wonder: elke insident word ‘n avontuur, ‘n kostelike stukkie lewe waarin die leser deel.
Aan die Sonkant is wesentlik ‘n voortsetting van Nuut onder die Son. Dit verhaal humoristiese gebeurtenisse waarin die Nortje-gesin — Pa, Ma, Charl, Francois, Pierre Henri en die spaniël-tefie Tessa — betrokke raak. Meestal is dit alledaagse gebeure: die verfraaiing van die sitkamer, ‘n rugbywedstryd tussen die ouderlinge en die diakens van die kerk, ‘n tydren waaraan die hele gesin deelneem, ‘n Lenteloop. Maar dan gebeur die wonder: Elke insident word ‘n avontuur in ‘n nuwe sleutel, ‘n kostelike stukkie lewe waarin die leser deel. ‘n Mens is nie meer toeskouer wat verlangend toekyk nie, maar deelnemer. Jy word ‘n Wellingtonner in murg en been. Jy duik jillend saam met die ander mense in die borrelpad op Esmè se plaas, jy deel in die vreugde van Wellington...