Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Will Sealie, Rod Alexander, Tulio Moneta, Jannie Hanzen, Sandy Nkomo, Tani de Lange, Hermien Dommisse, Frans Marx
Kariba was die eindbestemming vir hierdie groep niksvermoedende toeriste. Maar min het hulle besef dat twee van die vrolike vakansiegangers, onverskrokke terroriste is. En dat hulle op die punt van 'n geweer in die skrikwekkende binnekant van die Karibadam as gyselaars aangehou en een vir een koelbloedig doodgeskiet sou word, indien die Suid-Afrikaanse regering nie gehoor gee aan die eise van die terroriste nie.
Aksie en spanning op sy beste - met Kaptein Caprivi (Will Sealie) en sy moedige span wat ongelooflike heldedade moet uitvoer om die desperate toeriste te probeer red. Helikopters, ontploffings, onderwater- en hand-tot-handgevegte - dis alles hier in 'n verhaal wat steeds aktueel is soos vandag se koerantopskrifte!