This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by The Book Traders5123

Similar products

Afdraai - 'n Kroniek deur A.H.M. Scholtz
Sold

Afdraai - 'n Kroniek deur A.H.M. Scholtz

Secondhand 1 was available
R65.00
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Product code
BT3030
Bob Shop ID
155771869

Afdraai - 'n Kroniek deur A.H.M. Scholtz - Kwela - 1998, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband in nmooi toestand het voorheen aan Linda rode behoort.

Posgeld en verpakking R28.00

Afdraai is 'n roman vol onvoorspelbare wendinge en met ’n nuwe toonaard vir Scholtz: naas die warm, mensliewende mense van Vatmaar, staan daar nou die ry onvergeetlike figure van Afdraai.

 

Oorlog en politieke omwentelinge – die Anglo-Boereoorlog, die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog, die instelling van apartheid – is die agtergrond waarteen ’n aantal Suid-Afrikaners se lewens onlosmaaklik verstrengel raak. Deur liefde en haat en uitgelewerdheid aan ’n gemeenskaplike lot, kruis die pad van die blas Hester Olivier, bywonersvrou op Brinks Pos, weer en weer met dié van voortrekker-nasate in haar omgewing. Ook Regina Taylor, Edith Juries, Pietro Rossellini en Mula Photso van Brinks Pos, en Taliep Samuels, Israel Levine en die Cloetes van Afdraai word ingeweef in ’n verhaal wat tot in die derde en vierde geslag gevolg word.

Soms bring die verweefdheid vreugde, meer dikwels pyn. Sonder om kant te kies en sonder versagting, beeld Scholtz, 'n meesterverteller en mensekenner, die sterkte en swakhede van sy karakters uit – die wat hoog was en tot ’n val kom, die nederiges wat verhef word; die wat seermaak én die wat seerkry.

"Met Afdraai sny die verteller laag op laag van die Suid-Afrikaanse geskiedenis oop, tot op die been selfs … Afdraai is ’n knap kroniek – knap vanweë die krag van sy eenvoud, die byna naïwe vertelstyl, die fyn flitse karakterisering en, bowenal, die onmiskenbare strekking van menslikheid en van ‘vergeefnis’ en ‘versoening sonder maat’, soos die skrywer is sy opdrag bepleit." George Weideman, Rapport

Customer ratings: 1 ratings

quick service
14 Sep 2014