Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Terwyl die negende uitgawe (2002) van die AWS hersien is met die Spelreels as uitgangspunt, is die tiende uitgawe hersien met die Woordelys as uitgangspunt. Dit beteken dat elke lemma in die Woordelys wat moontlik problematies kan wees, getoets is teen die reels, 'n proses wat dikwels daartoe gelei het dat of die spelling of skryfwyse van die betrokke lemma en soortgelyke lemmas aangepas is, of die toepaslike reel verfyn en aangepas is om gevestigde spellings of skryfwyses te weerspieel. Die aanpassing en/of verfyning van die spelreels is voorts ook beinvloed deur die kommentaar en navrae van gebruikers wat die TK sedert 2002 ontvang het.