Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skaars bekombare geskiedkundige feiteboek oor
Suid-Afrika gedurende einde van die 1980's en begin van die 1990's
Dr Claus Nordbruch
REGUIT - Onthullings en Gesprekke oor Suid-Afrika se Geskiedenis 1989-1997
Pretoria, Contact Publishers 1997, first edition, soft cover, 248 pages, fotos
nuut
Uittreksels: Gen Constand Viljoen (Vryheidsfront): Die feit dat ons kommunisme uitgehou het uit Suid-Afrika en dat ons gehelp het om kommunisme wêreldwyd te verslaan beskou ek as my grootse prestasie. Mnr. Robert van Tonder (Boerestaat Party): Die huidige politiese toestand in Suid-Afrika is seker die grootse gemors in die geskiedenis wat ons ken. Eintlik is dit maar goed dat dit so kom. Nou kan die mense sein wat aan die die gang is. Prof. Carel Boshoff (Orania): Dr. Verwoerd het geglo in die onafhanklikheid, in die vrywording van volke. En hy het daardie ideaal gesien vir die verskillende volke maar ook vir die Afrikanervolk. Mnr. Andrew Ford (BWB): Hierdie regering het kak met die Boere tot sy einde toe. Daar sal nog ‘n opstand kom wat die wêreld nog nie gesien het nie. Dr. Ferdi Hartzenberg (KP): Die Waarheids- en Versoeningskommissie is net ‘n groot flip met die propaganda-doeleinde om die Afrikaner in dieselfde posisie te sit in wat die Duitsers gesit het of nog steeds sit: ‘Jy is skuldig, jy het gesondig, jy moet boet.’ Mnr. Jaap Marais (HNP): ‘n Stelsel waar verskillende rasse en volke en godsdienste onder een parlamentêre dak will akkomodeer het nog alttd misluk. Kmdt. Willem Ratte (Bataljon 32): In Suid-Wes-Afrika het ons die oorlog gewen teen SWAPO en nogtans het Pik Botha en die puntig mallerige NP-Regering Suid-Wes weggegee. In Suid-Afrika was daar nie eers oorlog nie. Die ANC is deut die Russe beskryf as die mees onsuksesvolle guerrilla-beweging in die wêreld. Suid-Afrika is eenvoudig oorhandig. KEY WORDS: Eugene Terre'Blanche, Bophuthatswana, Yster Garde, AWB, bush war, SAP, SADF, volksverraad, Verwoerd, Botha, Vorster, de Klerk,, Mandela, ANC, terrorism, liberation struggle, Mangope, Buthelezi, NP
Boekbesprekings Die onderhoude wat gevoer word met Robert van Tonder, Jaap Marais, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willem Ratte, Andrew Ford en Carel Boshoff, is uiters insigwekkend. Nordbruch se reguit styl is iets wat ons (gebore) Boere nog kan leer: om iets beskaafd reguit te sê sonder om beledigend, venying of afbrekend te wees. Dit is 'n waardevolle toevoeging tot die politieke debat oor die Nuwe Suid-Afrika. Dr. Nordbruch het 'n boek geskryf waarvan daar geen gelyke in ons taal bestaan nie. Sy analise van die ANC se sg. Vryheidstryd is briljant. Dr. Nordbruch se boek bereik blywende status as naslaanwerk juis omdat hy so streng objektief bly. Ek moet u gelukwens met die onderneming. Die boek is aantrekklik geproduseer. En die aangetekende uitsprake van verskillende politieke figure het heelwat belangwekkends opgelewer. In 'n boek van dié aard word sobere objektiwiteit allermins verwag, maar Nordbruch slaag daarin om soms met verbasend nugtere denke sy feitematerial te hanteer. Die outeur huiwer nie om by geleentheid besonder krtities na die onlangse geskiedenis in regse kringe te kyk nie. |