Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dit gons op die briewebladsye van Afrikaanse koerante oor Chris Louw, die baas van die SABC se Monitor- en Spektrumaktualiteitsprogramme, se reaksie op Willem de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras kordaat. Louw is kwaad oor De Klerk se houding oor die verlede en oor die manne van De Klerk se geslag se houding teenoor dié Afrikaners wat nou veertigerig, manlik en wit is. En een van die gevolge is natuurlik dat mense nou De Klerk se boek wil lees.
Die uitgewers van De Klerk se boek, Human & Rousseau, is seker ook nie ongelukkig oor die onverwagse publisiteit nie. Hulle opsomming van die boek is dat vrae soos: hoe lyk die Afrikaner vandag, waar kom hulle vandaan en wat wag op die Afrikanervolk, uit De Klerk se perspektief beantwoord word.
Die uitgewer sê daar is baie emosies in die boek verpak kommer, bewoënheid en angs; woede, solidariteit en protes. Dit is gerig aan alle Afrikaners, oud en jonk. Afrikaners: kroes, kras, kordaat is volgens die publisiteitsmateriaal egter veral n pleidooi by die jonger geslag om hulle te naelstring in Afrikanerwees, perspektief te kry op die verlede, en te bou aan die nuwe toekoms van die Afrikaanse gemeenskap.
Die keurder van die boek sê hierdie werk staan sterk in die tradisie van die Afrikaanse polemiese geskrif en gaan beslis opslae maak en dit was ´n raak voorspelling. Dit wemel van uitsprake wat Afrikaners se siening vyf jaar nadat hulle die mag aan die ANC moes afstaan, skerp onder die soeklig plaas. Die keurder voel ook dat De Klerk se vlymskerp sekel maai onder Afrikaner-mites en dat sy werk nie op n meer geleë tyd vir Afrikaners gekom het wat ernstig onder twyfel gebuk gaan oor hul voortgesette rol en toekoms in die land nie.
Die keurder meen ook dat die boek nog maklik sal kan bekend staan as een van die keerpunte in die voortgesette rol wat die Afrikaner ná byna drie en n half eeue in hierdie land gaan speel. Hy bied oplossings waarvan sommiges beslis nie gewild gaan wees by Afrikaners wat donkerkykers is nie. Die keurder se gevolgtrekking is dat die deur elke Afrikaner gelees te word. Wie en wat die Afrikaner is sal mens dalk uitvind deur die boek te lees.
Willem de Klerk is bekend as predikant, hoogleraar, vooramlige redakteur van wat destyds Die Transvaler was en van Rapport. Tans is hy honorêre professor aan RAU, en ook byna voltyds besig met politieke konsultasie en psigoterapie as voorligtingsielkundige konsentreer hy veral op die sielkunde van lyding en van die godsdiens.
Vanuit sy psigoterapeutiese werk en teoretiese kennis het hy baie betrokke geraak by die teologiese debat van vandag oor God, die Bybel, ander godsdienste en die magdom van twyfelvrae oor godsdienstigheid. Sy eerste boek, Die vreemde God en sy mense, het in 1998 verskyn en is reeds drie keer herdruk.
- Gepubliseer deur Roekeloos 27/07/2000
Pages: 101
Paperback
Human & Rousseau, 2000
Good condition
B55