Afskeid van Apartheid - Willie Esterhuyse
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Afskeid van Apartheid - Willie Esterhuyse
As die gees van die mens deur 'n ideologie gevange gehou word, is die bevryding 'n lang en moeisame proses. Vir baie Afrikaners en ander wit Suid-Afrikaners wat ideologies geindoktrineer was om aan apartheid of rasseskeiding te dink as 'n doel op sigself en nie maar net die mees praktiese metode vir bepaalde omstandighede nie, is dit om begryplike redes 'n traumatiese ervaring om na 'n ander denkraamwerk oor te skakel en te aanvaar dat nuwe tye en omstandighede ook nuwe metodes vra.
Dat die bevrydingsproses sedert die jare sestig in versnelde tempo toegeneem het, is ongetwyfeld waar. Trouens, daar is nou 'n punt bereik waar die ideologiese regverdiginge van rasseskeiding nog net na bo kom onder die heel rcgse groepe van die wit gemeenskap. "Dit is te hope dat ook hierdie `gevangenes van die verlede' vrygemaak sal word op die pad na 'n regverdiger Suid-Afrika," is die versugting van die skrywer van hierdie boek.
In hierdie objektiewe, indringende en bowenal bevrydende beskouinge van 'n vooraanstaande Afrikaner-akademikus oor rassediskriminasie word pertinent gestel dat geen politieke program, hoe goed bedoel en hoe netjies ook al aanmekaar getimmer met Bybeltekste en beginsels, enigsins hoop op welslae kan hê as dit berus op veronregting, wantroue en slegte gesindhede nie.
Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 104
Uitgegee: 1979 (Tafelberg)
ISBN: 0624013618