Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die ander twee boeke, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture. Hierdie keer moet hulle 'n baie BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm. maar as Felino nie oppas nie, is hy sy eie (laaste) lewe kwyt! Daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor.