R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R65.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
120 Bladsye, Hardeband 22cm x 14cm EERSTE UITGAWE 1970
Al om Suidwes se bewoonde dele loop die Rooi Lyn. Vir sy mense is dit 'n definitiewe grens asof dit afgebaken is; aan die ander kant l die sogenaamde spergebied. Daar is honderde verhale van fortuinsoekers wat met hul lewens gedobbel het teen die genadeloosheid van die woestvn en die waaksaamheid van die Suidwes-Afrikaanse Polisie ter wille van die skatte wat hier te vinde is.
Daarom, toe konstabel Hunter hoor dat 'n verdagte geselskap op pad is na die woestyn, kan hy net aan een ding dink : diamante. Met 'n Damara-konstabel en Njerab, 'n Boesman-spoorsnyer, sit hy die groep agterna. Ten spyte van Njerab se uitmuntende veldkennis, wat hom in staat stel om op die onwaarskynlikste plekke in die Kalahari water te vind, word dit 'n martelende tog. Die optrede van die mense wat hulle agtervolg, raak ook al vreemder. Waarom sou hulle hul Boesmangids vermoor het ? En wat beteken die stapeltjie Engelse boeke wat hul saam met ander goed versteek het?
Die konstabel begin selfs twyfel of hy hoegenaamd die reg het om met die agtervolging voort te gaan.
Die skrywer bied hier 'n spanningsverhaal met 'n egtheid van atmosfeer wat moeilik oortref kan word. Hy skilder die woestyn met sy skrille kontraste versengende hitte die neerstortende ren wat dit moeilik maak om selfs asem te haal sy legendes oor 'n stad wat die mense van die maan gebou het, die brulsand wat die stemme van die dooies bewaar.
En dan is daar die mense, Boesman, Bantoe en geharde Suidwes-konstebel, alrnal net so onafskeidbaar deel van di gebied soos die bruin gespikkelde Kalaharileeu.