Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Alie woon op Rivierplaas en haar lekkerste speelmaat is Lulu met die swart hare wat so wip-wip as sy eenbeentjie spring. Saam met Lulu kan Alie skool toe stap cn klip-klip speel, die asdans trap en kiewieteiers soek. Ook op Rivierplaas bly ou-Melitie met haar koperarmbande wat trienge-rienge rinkel, by wie Alie soggens langbeen in die son sit en putu-pap eet uit die swart pot. En wanneer tant Lenie en oom Jan en klein Hennie Bloemfontein toe gaan, bly Alie by Ouma en haar niggie Cillie op Brakfontein, waar Ouma stories vertel van die oorlog en die Engelse soldaat wat so spook. So stap die jare verby, en dan is Alie dertien en moet sy weggaan van Rivierplaas en sy plaasskooltjie, na Ruyswyck, die deftige meisieskool in die Boland. Daar leer ken sy n nuwe leef-wyse en nuwe maats en ook vir Karel, haar vriendin Tossie se ouer broer
Alba Bouwer se Rivierplaas-stories het al klassieke status verwerf in die Afrikaanse kinderboekwêreld, wat dié heruitgawe n moet maak vir n nuwe geslag jong lesers ên ouer lesers wat die verhale nog altyd wou herlees. Met hierdie uitgawe verskyn al die stories oor Alie en die mense van Rivierplaas vir die eerste keer saam in een band, met die oorspronklike illustrasies deur Katrine Harries. Al drie verhale is indertyd bekroon met die Scheepersprys vir jeuglektuur, en het met die jare nog niks ingeboet aan bekoring nie.
9780624033738
Pages: 356
Hardcover
Tafelberg, 1995
Good condition; ink gift inscription inside
B82