Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Marie van der Merwe
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Baie Goed
AIda Wenning, 'n topmodel, besoek na 'n lang afwesigheid weer die plaas waarop sy grootgeword het. Kamoela, wat by die Droomberg geleë is. Op pad soontoe vind sy dat die spruitjie waaroor sy moet ry, in vloed is. Dis 'n baie seldsame gebeurtenis. Sy huiwer eers, maar besluit dan om dit te waag, want haar pleegmoeder, Lise Wenning, wag seker al vir haar.
Haar motor word egter deur die water meegesleur en sy kom net-net met haar lewe daarvan af. Toe sy uit 'n koma bykom,kom sy agter dat baie dinge in haar afwesigheid verander het.
Die plaasbestuurder, Adam Barnard, en sy dogtertjie, Patrys, woon by haar pleegmoeder in die huis en dit lyk asof hy heelwat seggenskap het. Boonop lyk dit asof Lise gedurig vir Adam skerm.
Toe ontmoet sy vir Bettina, Adam se ma. Dié is uit die staanspoor baie bitsig teenoor Alda. Sy laat blyk boonop dat sy by Adam gaan kom bly wanneer hy met dokter Kate Wakeford trou. Dan sal sy die septer swaai en almal regsien. Waarom tree almal so vreemd op? Watter houvas het hulle op Lise? En waarom is Adam so vol argwaan teenoor Alda?
Haar tuiskoms wat net vreugde moes bring, verander in 'n bittersoet ervaring. Sal geloof en liefde genoeg wees om Alda hierdeur te dra?