Dis 1934. Poppie Nienaber is 22 jaar oud, en sy werk in die Haberdashery-afdeling in Mr Cristal se algemene handelaar op Bethlehem. Saam met haar ouer sussie, Anna, woon hulle in tant Nelie se losieshuis in die straat af, en haar broer Jannie kom kuier gereeld op 'n Sondagmiddag, sedeprekies en al. Poppie weet daar is geheime in die familie waarvan sy niks weet nie, en dat Sussie Anna dinge van haar weghou. Party goed onthou sy vaagweg, soos haar ma wat staan en strykwerk doen, die skroeireuk van 'n stryklaken wat hang in die lug. Dis wanneer Poppie besluit om haar eie potjie te gaan krap op Senekal dat dinge stadig in plek begin val. En dis hier waar sy die spoorwegklerk Frikkie Bredenkamp ontmoet . . . Alles begin met Anna is losweg gebaseer op die skrywer se eie familiegeskiedenis. Die roman vertel 'n roerende verhaal oor drie geslagte heen, van voor die Anglo-Boereoorlog tot die aanloop en gebeure van die Tweede Wereldoorlog. Bowenal vertel dit die verhaal van Coetser se eie ouers Poppie en Frikkie, en waar sᅢᄑ, die skrywer, vandaan kom. Meesleurend en toeganklik - hoogs leesbare historiese roman in dieselfde trant as Vuur op die horizon.
Title: Alles begin met Anna
Sub Title: 'n familiesage van voor die Anglo-Boereoorlog
Author: Annemari Coetser
Publisher: Human & Rousseau
Year: 2017
Number of pages: 360
ISBN: 9780798176170
Condition: Ex-Library
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever