Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Bernette Bergenthuin
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Soos Nuut
CC wou nooit met merinos boer soos haar pa se begeerte was nie. Trouens, sy wil glad nie boer nie. Die ander uiterste is waarheen haar hart trek: modes, ontwerpe, kleure, tekstuur. En dit is wat hierdie onversetlike hardekop met n flair vir boheemsheid uiteindelik bereik: Sy word n modeontwerper met net een voorbehoud geen trourokke nie.
Maar ou skuld kan selfs só n meisie se pad verlê. En die buurman wat CC se pa by haar erfdeel ingooi, maak niks vir haar makliker nie. Asof dit nie genoeg is dat dié man as t ware haar vennoot is in die ding waarin haar pa haar dwing nie, is hy n beeldhouer, al vind sy dit heelwat later uit. En klei is nie al wat hy in iets heeltemal anders omvorm nie, hy doen dit ook met haar hart.