
Altyd in my drome (Al Debbo, Frederik Burgers)
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
‘n Sukkelende komponis, sy vriend, ‘n liefl ike sangeres en ‘n kwaai agent wat aandring op nuwe musiek vir ‘n blyspel vorm die kruks van die verhaal. Voeg daarby Klaas Vakie wat Kupido probeer speel en jy het die bestanddele vir ‘n heerlike romantiese musiekkomedie. ‘n Sukkelende toergeselskap moet nuwe liedjies kry vir ‘n opvoering, maar die inspirasie kom kort totdat Ben (Al Debbo) smoorverlief op ‘n sangeres raak nadat Klaas Vakie hom met ‘n Kupido-pyl getref het. Hy begin snags van haar droom – alles in operette-styl – en verklaar sy liefde aan haar al singende. Fanie, sy vennoot (Frederik Burgers), neem sy kans waar en neem elke liedjie skelm op. Die agent (Pierre de Wet) is in sy noppies met die nuwe skeppings en por hom aan om Ben aan die droom te hou. Dit beteken natuurlik dat Fanie nie meer slaap nie en hy Ben op alle maniere aan die droom moet hou – én die drome volgens tema moet aanhelp. So word Ben op warm melk, kaviaar en biefstuk getrakteer. Selfs ‘n perd word die kamer ingesmokkel om hom in sy slaap te inspireer om ‘n ruiterlied te sing. Uiteindelik kort daar net ‘n slotlied - ‘n liefdeslied - maar Ben het ophou droom. Wat nou gemaak? Gelukkig kom Klaas Vakie (nog steeds met Kupido se boog) tot hul redding, maar hierdie keer word Fanie getref en die bordjies word verhang.