
Amalia Reeks 2 (Box Set)
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Kaptein Wollie de Wet (Marius Weyers) wroeg oor hy verkeerdelik vir Sanet Visser (Anna-Mart van der Merwe) van die moord op Amalia Malan (Illse Roos) verdink het. Sanet se pa, Ben Viljoen (Louis van Niekerk) is op die ou end wel aangekeer en sy hofsaak word in dié reeks voortgesit. ‘n Geheimsinnige vrou, wat op ‘n druppel soos Amalia lyk, word in die dorp gesien en die hele plek is daaroor op hol. Piet Vos (Dawid Minnaar) is dronkgeslaan oor dié vrou en probeer uitvind wie sy is en waar sy vandaan kom. Al wat hy weet, is haar naam is Eleanor.
‘n Nuwe gesin neem ook hul intrek op die dorp. Hans Erlank (Alyzzander Fourie), sy vrou, Miems (Sulette Thompson), en dié se suster, Nella (Anel Alexander). Hans is ‘n ou skelm en Wollie maak ‘n konneksie tussen hom en Alwyn Brink. Die reeks word weer vervaardig deur Sonneblom Films en die bekroonde filmmaker, Katinka Heyns, is die regisseur.
4 Discs